On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingspryse vir vee steeds goed

───   12:01 Thu, 18 Feb 2021

Veilingspryse vir vee steeds goed | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

 

Derksen sê die Vrystaat lyk soos ‘n blomtuin, pryse vir beeste het baie mooi gestyg, maar die uitdaging is om vee gesond te hou in die nat toestande. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R45,21 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,32 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,99 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:

 

A-klas beeste
R27,70 per Kg



B-klas beeste
R25,88 per kg



C-klas vet koeie
R24,91 per kg



Maer koeie
R18,00 per kg - R22,24

Slagbulle
R25,85 per kg



Skape




Stoorlammers
R43,55 per kg



Slaglammers
R38,50 per kg



Stoorskape
R30,05 per kg



Vetskape
R28,20 per kg



Bokke




Lammers
R48,90 per kg



Ooie
R36,55 per kg



 

 

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

 

 OFM-nuus/Blaine Jones


 

 

 

 

 

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.