On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Versterking in wolmark volgende week verwag

───   11:08 Fri, 19 Feb 2021

Versterking in wolmark volgende week verwag | News Article

Die landbousektor kan 'n moontlike versterking in die wolmark vir volgende week verwag.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat die rede hiervoor is dat werksaamhede in China terugkeer na normaal noudat hulle Nuwejaarsvieringe tot 'n einde kom. Dit, tesame met die Rand wat weer effens verswak teen die VSA Dollar, kan 'n positiewe beweging in die wolmark tot gevolg hê. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 4.3% laer vergeleke met die ooreenstemmende tyd in die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde, goeie kwaliteit Merinowol, het weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei. Sertifisering bly 'n belangrike aspek en is 'n toekomsneiging wat gekom het om te bly. 

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 24 Februarie 2021, waar sowat 7 748 bale te koop aangebied sal word.


 

OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.