On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Aanpassing van minimumloon verhoog druk op landbou

───   10:58 Mon, 22 Feb 2021

Aanpassing van minimumloon verhoog druk op landbou | News Article

Die nasionale minimumloon sal vanaf 1 Maart tot R21,69 per uur styg. Die 93c-verhoging is op 9 Februarie 2020 deur die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, aangekondig.

In 'n onderhoud met OFM-nuus sê die regs- en operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), Gernie Botha, die skerp verhoging kom neer op finansiële bestuur wat in hierdie stadium reeds onder druk is weens die feit dat die COVID-19-pandemie 'n groot impak op die kontantvloei gehad het, nie net in die landbousektor nie, maar in die hele land. President van VL, Francois Wilken, sê die regerings se besluit om die nasionale minimumloon met 16% aan te pas, kom op 'n tydstip waarop dit ekonomies uiters uitdagend is om kos te produseer, en dit lyk asof die regering uit voeling is met realiteite.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.