On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:49 Tue, 23 Feb 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mielietermynkontrakte is Maandag hoër as gevolg van die opgedateerde vooruitskattings van USDA, dat die toenemende vraag na voer, uitvoer en etanol die voorraad tot 2022 sou verskerp, ondanks voorspellings vir 'n rekordoes in 2021.

Vrydag se USDA verslag oor die voerkraal beeste het 'n rekordhoë volume totale diere op 1 Februarie aangetoon.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gekry oor al die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R73/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 133/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R67/ton hoër verhandel om teen R 3 253/ton te sluit.


Sojabone

Amerikaanse pryse van sojabone het gister gestyg, hoewel dit nie so hoog soos mieliepryse was nie.

Onsekerheid oor die Suid-Amerikaanse oes lê steeds agter in die kop van handelaars, want die tweede droogste Februarie in meer as 30 jaar bedreig die opbrengspotensiaal van Argentinië vir sojabone en mielies.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gekry oor alle kontrakte wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R61/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 560/ton te sluit.


Koring

Die koue weer in Rusland en die Oekraïne het die marginale prysstygings in die Amerikaanse koringtermynkontrakte gister ondersteun.

Rusland het die afgelope twee dekades 'n stygende toename in kunsmis- en gewasproduksie behaal, tot die punt van selfvoorsiening op daardie sleutelgebiede. Genetiese vordering aan die saadfront bly egter agter, aangesien Rusland steeds saad invoer.

Die plaaslike koringmark het Maandag ondersteuning gekry en het oor alle kontrakte wat gelys is sterker geëindig.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R20/ton hoër verhandel en gesluit teen R5 212/ton.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.