On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-boere oorhandig memorandum om padveiligheid aan te spreek

───   05:30 Wed, 03 Mar 2021

VS-boere oorhandig memorandum om padveiligheid aan te spreek | News Article

Verslegtende paaie het vir die meeste dele van die Vrystaatse provinsie, veral die landbousektor, 'n groot bron van kommer geword.

Twee Vrystaatse boere , Henk Human en Dieter Reyneke, het 'n memorandum aan die Vrystaatse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, William Bulwane, oorhandig, met meer as 2 000 handtekeninge om die R707-pad te herstel. 

Sien onderstaande PODCAST

Die toestand van hierdie paaie het so erg geword dat dit 'n veiligheidsrisiko geword het vir diegene wat dit gebruik.

Human vertel verder aan OFM-nuus dat hulle hoop ná die memorandum sal aandag daaraan gegee word om hierdie paaie te herstel. "Die paaie het diep slaggate en dit word so erg dat 'n mens aan die kant van die paaie moet ry," voeg Human by.

Hierdie paaie word gebruik deur produsente, skoolkinders en die plaaslike inwoners in die algemeen wat daagliks die paaie gebruik, en dit plaas 'n groot risiko op die veiligheid van hierdie mense, voeg Human by.

Intussen sê Bulwane met die presidensiële infrastruktuurtoelaag, is daar iets wat hulle kan doen - afgesien van die regering.

Bulwane voeg verder by dat hy die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, sal betrek sodat die herstel van paaie by die presidensiële infrastruktuurtoelaag ingesluit kan word. "Dit is oesseisoen en die meeste boere sal hul produkte na die markte in dorpe vervoer, en as paaie sleg is, sal van die produkte in slegte toestande by hierdie markte aankom weens die pad wat hulle gebruik," sê hy.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.