On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 03 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die internasionale mieliemark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Private uitvoerders het uitvoerverkope van ongeveer 175 000 ton aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan Japan in die 2020/21-seisoen .

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 110/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R45/ton laer verhandel om teen R3 220/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag.

Die ongunstige weerstoestande wat tans in Suid-Amerika heers, bied steeds ondersteuning aan die internasionale sojaboon mark.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R89/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 730/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die kwaliteit van die winterkoring in die VSA is onder druk met die toestande wat nie gunstig is nie.  

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R7/ton hoër verhandel om teen R5 227/ton te sluit.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.