On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 04 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het ongeveer 2% laer gesluit vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week tussen ongeveer 450 000 ton en 1,05 miljoen ton behoort te wees.

Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl ander kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R1/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 102/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R3/ton laer verhandel om teen R3 212/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week tussen ongeveer 100 000 ton en 800 000 ton behoort te wees.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R7/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 712/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister skerp onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse uitvoerverkope vir die week tussen ongeveer 100 000 ton en 570 000 ton behoort te wees. 

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R7/ton laer verhandel om teen R5 220/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.