On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 05 Mar 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
Foto: Sernick

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM-nuus uit.

Sien onderstaande PODCAST

Die Vrystaat se statistieke vir plaasaanvalle en -moorde is vrygestel en dit skep nie 'n positiewe prentjie nie. Die provinsie het 'n toename van 53.85% in plaasaanvalle aangeteken - die meeste van al die provinsies in die onlangse derde kwartaal se misdaadstatistieke van 2020/21. Dr Jane Buys, Vrystaat Landbou se Veiligheidsrisiko-analis, sê die Vrystaat het 'n toename van 14.1% in moord-insidente, en 39.2% in poging-tot-moord-insidente gedurende dieselfde tydperk gehad. Die syfers vir moord en poging tot moord is die hoogste in vyf jaar. Buys voeg verder by dat die organisasie die toename beskou as 'n bewys dat die regering nie die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na behore toerus en beman om misdaad effektief te bestry nie. Sy deel ook dat hoë misdaadgebiede ten opsigte van plaasaanvalle of -moorde, kleinhoewes in Bloemfontein, Clocolan, Hennenman, Mafube, Odendaalsrus, Viljoenskroon en Virginia insluit. Buys voeg by dat alhoewel die syfers vir gewapende roof met 12.5% gedaal het, het huis- en sakeroof met onderskeidelik 2.7% en 6.8% toegeneem. Sy sê hierdie syfers van ernstige geweldsmisdaad het 'n direkte impak op alle gemeenskappe, insluitend boerderygemeenskappe.

Die sprinkaanuitbraak in die Noord-Kaap is tans onder beheer, maar die situasie word fyn dopgehou. So sê Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se omgewingsakekomitee. Hy deel dat daar egter nog swerms in onder meer die Kenhart- en Carnavon-omgewings is. Jacobs verduidelik dat alhoewel die sprinkane onder beheer is, is hulle egter op hulle hoede om te verhoed dat die sprinkane nie verder beweeg nie. Dit, aangesien die sprinkane ‘n risiko vir mielielande in die Vrystaat inhou as dit sou verder beweeg.

EN

Dit is noodsaaklik dat alle lewendehawe-agente vertroud is met die inhoud van die biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente, soos wat dit op 13 November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is. Luidens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is die reëls hoofsaaklik ingestel om, onder meer, die lewendehawe-agentebedryf te reguleer. Daar is 'n spesifieke verwysing na voorsorgmaatreëls wat by veilings vereis word om die risiko van die verspreiding van beheerde, aanmeldbare en ander dieresiektes te verminder. Die RPO sê verder hoewel die reëls van toepassing is vanaf die datum van publikasie, sal ‘n bykomende grasietydperk van ses maande toegelaat word sodat alle lewendehawe-agente hulself van die inhoud van die reëls kan vergewis, hul infrastrukture en prosesse, waar nodig, kan aanpas en op volkome nakoming voorberei. Die implementering van die biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente moet voor of op 30 Junie 2021 gefinaliseer wees. Hierdie maatreëls sluit in die verpligte registrasie by die Landbouprodukte-agenteraad (APAC), sowel as ‘n eksterne oudit van die veilingsgeriewe en alle biosekuriteit-prosedures wat elke twee jaar deur ‘n onafhanklike ouditeur onderneem moet word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.