On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Deel 2: Aalwurms – nadele en maatreëls

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 09 Mar 2021

Deel 2: Aalwurms – nadele en maatreëls | News Article
Foto: grainsa.co.za

Dit is moeilik om van aalwurms ontslae te raak en dit is belangrik om hul getalle of voorkoms laag te hou.

Dit is volgens ‘n kenner van aalwurms, Professor Driekie Fourie, wat verbonde aan die Noordwes-Universiteit is.

Sien onderstaande PODCAST


Nadele

Fourie deel dat aalwurms nooit total uitgeroei kan word nie en dat bevolkingsvlakke dus bestuur moet word. “So, ons moet in die teenwoordigheid van laer plantparasitiese aalwurmbevolkings voedsel produseer. Aalwurms wat byvoorbeeld aartappels, geel wortels, beet en grondbone aanval, veroorsaak dat hulle kwaliteit sodanig benadeel word dat daai boer op die mark ‘n baie lae prys kry,” sê Fourie.

Sy sê op die einde sal die boer nie meer die land kan gebruik vir produksie nie, wat dan sal lei tot ‘n verlies in inkomste.


Maatreëls

Fourie het benadruk dat aalwurms oral is en dus is dit moelik om totaal en al ontslae te raak van dié parasiet. Sy sê aalwurms kom in die grond in landbouproduksiegebiede in die waterlaag om die gronddeeltjies voor.

Sy raai boere aan om te probeer om die voordelige aalwurms en die plantparasitiese aalwurms in harmonie met mekaar in lande te kry.

“Boere kan in die aktiewe groeifase van ‘n gewas vir ‘n aalwurmkundige die monsters – wortels en omringende grond – instuur. Dit, sodat ons kan kyk hoe lyk die aalwurmdruk in daardie land en ons dan die boer kan help om te beplan vir ‘n opvolggewas wat daar geplant kan word,” verduidelik Fourie.

Sy deel dat ander strategieë is dat, byvoorbeeld aartappelboere, geregistreerde moere gebruik vir hulle aanplantings. Sy sê hierdie strategie werk ook vir grondboontjieboere.

Fourie het voorheen met OFM-nuus gedeel dat die gewasse wat boere in Suid-Afrika plant, vatbaar is vir die twee grootse aalwurm peste in graangebiede, naamlik knopwortel- en letselaalwurms.

Sy het aalwurms gedefinieër as mikroskopiese klein organismes wat op mense, diere en plante teer – en kan dus nie met die blote oog gesien word nie en dat aalwurms deur musktiete oorgedra word, veral in tropiese gebiede.

Fourie doen ‘n beroep op boere om in kontak te tree met nematoloë sodat hulle gehelp kan word om te bepaal wat die aalwurmstatus van hulle lande is.

“Daar’s baie groot inisiatiewe aan die gang, byvoorbeeld aalwurm opnames wat deur Syngenta en Graan SA gedryf word, waar ons ook plantpatoloë het wat kyk na ondergrondse siektes wat saam met aalwurms baie skade veroorsaak,” sluit Fourie af.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.