Agri Hour
'Damvlaksyfers baie positief'─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 10 Mar 2021
Damvlakke lyk steeds baie goed. Dit is volgens Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor watersake.
Sien onderstaande PODCAST
Botes deel dat damvlaksyfers die eerste keer in ongeveer ses jaar baie goed en positief lyk. Hy rapporteer dat ses van die 21 damme waarvan hy die syfers gereeld dophou, 100% of meer vol is.
Hy sê verder dat daar sewe van die 21 damme is wat 90% en meer vol is.
Botes verduidelik die damme wat die minste water het, sluit in die Knelpoortdam wat op 76% staan; die Rustfonteindam wat op 74% staan; die Kalkfonteindam – wat naby Fouriesmith en Koffiefontein geleë is – wat op 77% staan; en die Katsedam - wat in Lesotho geleë is – wat tans op 78% staan.
“Ek dink ons kan meer gemaklik die wintermaande ingaan. Ek dink ons boeregemeenskap is ook baie dankbaar, veral dié met besproeiingsregte. 'n Mens hoop nou net dat die seisoene dalk sal saam speel en dat alles mooi van nou af vorentoe vir ons boere, ons dorpe en inwoners van die binneland sal wees,” sluit Botes af.
OFM-nuus
