Agri Hour
Veilingspryse vir lewendehawe lyk steeds goed─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 11 Mar 2021
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Sien onderstaande PODCAST
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,77 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,13 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
| A-klas beeste | R27,50 per kg | |||
| B-klas beeste | R25,01 per kg | |||
| C-klas vet koeie | R24,07 per kg | |||
| Maer koeie | Wissel van R18,00 na R20,60 per kg | |||
| Slagbulle | R24,89 per kg | |||
| Skape | ||||
| Stoorlammers | R43,60 per kg | |||
| Slaglammers | R40,88 per kg | |||
| Stoorskape | R31,13 per kg | |||
| Vetskape | R28,18 per kg | |||
| Bokke | ||||
| Lammers | R50,00 per kg | |||
| Ooie | R41,05 per kg | |||
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.
OFM-nuus
