On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

SA wolmark toon weer eens 'n styging

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 12 Mar 2021

SA wolmark toon weer eens 'n styging | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het weer eens hierdie week ‘n styging getoon.

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê hierdie styging kan toegeskryf word aan die verswakking van die Rand, asook die navolging van die sywaartse beweging van die Australiese mark. 

Sien onderstaande PODCAST

Victor sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 7,0% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 17 Maart 2021, waar sowat 8 990 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.