On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

'Moontlikheid van storms en hael bestaan'

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 16 Mar 2021

'Moontlikheid van storms en hael bestaan'  | News Article
Foto: Bloomberg

Die onlangse hitte en tropiese vog wat afbeweeg, het die moontilkheid van storms en selfs hael verhoog.

Dit is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. 

Sien onderstaande PODCAST

Daarmee saam sê Van den Berg met die droë periode wat sedert die tweede week van Maart af ervaar is, begin die stelsels weer opbou en bestaan die moontlikheid van reën oor groot dele van die somerreënvalgebiede.


Kouefronte 

“Dit lyk of die projeksie is dat ons nie voor die laaste deel van April gaan ryp en baie koue toestande gaan kry nie. Dit lyk eerder of hier nog reën oppad is – die toestande vir reën verbeter nou weer. Ons sien dat die tropiese sikloon en die aktiwiteit in die Mosambiek-kanale het nou verswak, en dit veroorsaak dat die tropiese vog weer oor Angola, Namibië en Botswana gaan afbeweeg en vir ons reën gee,” sê Van den Berg.

Hy deel dat die droë dele van die Noord-Kaap ook begin reën kry. Hy sê Pofadder en gedeeltes van Upington het 30mm reën gekry. Van den Berg voeg by dat dele van die Oos-Kaap, soos die Klein-Karoo, ook reën gekry het. Hy sê dit kan toegeskryf word aan die tropiese vog wat afbeweeg.


Winter

Van den Berg sê verder as daar ‘n vergelyking getref word met verlede jaar, was verlede jaar een van die koudste winters wat die land in baie jare gehad het. Hy deel dat een van die groot oorsake was dat die suidwes Indiese Oseaan, sowel as die aangrensende Atlantiese Oseaan, koeler as normaalweg was. Dit het tot gevolg gehad dat die polêre winde wat van die Pole af gekom het, nie kon verwarm nie wat baie koue toestande veroorsaak het.

Verder sê hy dat vooruitsigte vanjaar toon dat dit bietjie warmer gaan wees. Van den Berg sê dit lyk asof Suid-Afrika ‘n meer matige winter gaan hê en nie dieselfde intensiteit as wat die land verlede jaar ervaar het nie.

“Een van die dae is dit strooptyd, so ek dink die boere moet maar kyk dat hulle stropers en hulle oesmasjiene reg is, want ons gaan waarskynlik reën in strooptyd kry – veral ons bome en die sonneblomme,” sê Van den Berg.


Veldbrande

Daarmee saam raai Van den Berg boere aan om nou voor te berei vir die brandseisoen. “Ons sit nou met ‘n situasie waar ons baie gras het wat begin droog word en ons gaan vanjaar ‘n geweldige groot brandgevaar hê. So, ek dink boere moet nou al begin beplan om brandpaaie te maak,” sluit Van den Berg af.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.