On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 16 Mar 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister goeie ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% hoër verhandel vir die dag.  

Die ondersteuning in die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die beter as verwagte uitvoerinspeksies vir die week.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R64/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 059/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R55/ton laer verhandel om teen R3 186/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies vir die week was ongeveer 13% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R87/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 815/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die weeklikse uitvoerinspeksies van Amerikaanse koring was 41% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R30/ton laer verhandel om teen R5 168/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.