On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Moet ons nie verkeerd opsom nie, sê NK-vroueboer

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 17 Mar 2021

Moet ons nie verkeerd opsom nie, sê NK-vroueboer | News Article
Foto: Jana du Plessis

As deel van die voortdurende viering van internasionale vrouedag wat op 8 Maart wêreldwyd gevier is, het OFM-nuus met Jana du Plessis, ‘n suksesvolle byeboer in die Keimoes-omgewing in die Noord-Kaap, gesels.

Du Plessis moedig vroue aan om nie bang te wees vir uitdagings nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Sy boer nie net met bye nie, maar ook onder meer met beeste, lusern, boerbokke en skape.

Du Plessis, wat op ‘n familieplaas in Keimoes gebore is, het reeds as boer verskeie toekennings ontvang. Sy is in 2007 bekroon as provinsiale boervrou van die jaar en het weer hierdie toekenning in 2011 en 2018 op nasionale vlak verower.

Sy deel dat mense soms geneig is om vroue se vermoeëns te onderskat en moedig vroue aan om nie tou op te gooi of te luister na negatiewe opinies nie, maar om eerder uitdagings en geleenthede met entoesiasme en vertroue aan te pak.

Verder moedig Du Plessis medeboere aan om nie mismoedig te wees nie gedurende dié moeilike tyd wat veral deur die Covid-19 pandemie veroorsaak is. "Ek hoop dat ons land se ekonomie gaan beter raak en ek hoop dat ons boere nie mismoedig raak nie. Ek weet ons boere is mismoedig – ek is ook mismoedig party dae, maar dit sal weer reg kom,” sluit sy af.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.