On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Groot sprong in vleispryse toegeskryf aan ‘wêreldklasvoerkrale’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 18 Mar 2021

Groot sprong in vleispryse toegeskryf aan ‘wêreldklasvoerkrale’ | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy deel dat dit tipies is om gedurende die laat somerperiode meer speenkalwers op die mark te hê en die veldbeeste gaan vetter wees, wat ‘n effense daling in pryse gaan veroorsaak. 

Derksen voeg ook by dat Suid-Afrika nou weer deel van die wêreld-ekonomie geword het en as gevolg van die land se “wêreldklasvoerkrale, wat die pragtige uitvoermark vir vleispryse veroorsaak het, het ons definitief ‘n groot sprong in vleispryse gekry.”

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,77 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,05 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,66 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,46 per kg






B-klas beeste
R24,51 per kg






C-klas vet koeie
R23,85 per kg






Maer koeie
Wissel van R18,00 na R20,00 per kg






Slagbulle
R24,77 per kg






Skape








Stoorlammers
R43,85 per kg






Slaglammers
R38,55 per kg






Stoorskape
R31,40 per kg






Vetskape
R30,05 per kg






Bokke








Lammers
R50,09 per kg






Ooie
R40,00 per kg







Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.


 


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.