Agri Hour
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 19 Mar 2021
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...
Sien onderstaande PODCAST
Die Vrystaatse LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, William Bulwane, sal na verwagting Vrydag 19 Maart sy departement se planne vir die 2021/22 finansiële jaar bekend maak. Dit volg nadat die provinsie se LUR vir Finansies, Gadija Brown, verlede week tydens haar begrotingsrede aangekondig het dat die provinsiale landboudepartement meer as R780 miljoen vir die 2021/22 finansiële jaar sal ontvang. Bulwane het intussen gesê hy is dankbaar vir die toekenning van meer as R780 miljoen, maar verklaar dat geld wat aan die departement toegeken word, nooit genoeg is nie. Dit is omdat daar nog baie boere in die provinsie is wat finansiële hulp van die departement benodig.
The North West Department of Agriculture and Rural Development has been allocated R1.2 billion in 2021/22 and R2.4 billion for the two-outer years of the Mid-Term Budget Framework (MTEF). The province's Finance MEC, Motlalepula Rosho, announced this when she tabled plans for the 2021/22 financial year on Tuesday. She further stated that the budget, amongst others, provides for programmes and projects such as Poverty Relief and Infrastructure Development. Furthermore, R216 million is earmarked for farmer support programmes which targets to support 2 500 smallholder farmers.
Die onlangse hitte en tropiese vog wat afbeweeg, het die moontilkheid van storms en selfs hael verhoog. Dit is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, wat sê met die droë periode wat sedert die tweede week van Maart af ervaar is, begin die stelsels weer opbou en bestaan die moontlikheid van reën oor groot dele van die somerreënvalgebiede. Hy sê dit lyk of die projeksie is dat ons nie voor die laaste deel van April gaan ryp en baie koue toestande gaan kry nie. Hy deel dat die droë dele van die Noord-Kaap ook begin reën kry. Hy sê Pofadder en gedeeltes van Upington het 30mm reën gekry, en dit kan toegeskryf word aan die tropiese vog wat afbeweeg. Van den Berg sê verder as daar ‘n vergelyking getref word met verlede jaar, was verlede jaar een van die koudste winters wat die land in baie jare gehad het. Daarmee saam raai Van den Berg boere aan om nou voor te berei vir die brandseisoen, veral soos wat daar baie gras is wat begin droog word...
EN
The Department of Police, Roads and Transport in the Free State will be visiting various districts in the province where livestock is a prominent business for people to make a living. This follows after MEC Sam Mashinini visited Ladybrand in the Mantsopa Local Municipality to launch an anti-stock theft awareness campaign to make farmers and livestock owners aware of the importance of branding their animals and to be more vigilant. The department’s spokesperson, Hillary Mophete, says the awareness campaign was launched to encourage and educate farmers and livestock owners on how to mark their animals as prescribed by the Animal Identification Act of 2002. She says stock theft still remains a persistent problem, especially on farms situated on the borders of the Free State.
OFM-nuus
