Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 19 Mar 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het ongeveer 2% laer verhandel vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope wat gister bekend gemaak was, was meer as wat die algemene verwagtinge in die mark was.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R56/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 045/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R57/ton laer verhandel om teen R3 173/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag. Die Amerikaanse uitvoerverkope is ongeveer 42% laer as die vorige week se uitvoerverkope.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R121/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 650/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die weeklikse koring-uitvoerverkope in die VSA was nader aan die bokant van die weeklikse handelsverwagtinge.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Maart 2021, R32/ton laer verhandel om teen R5 078/ton te sluit.
OFM-nuus
