On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Koue bring reën na Noord-Kaapse winterreënvalgebiede

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 19 Jul 2021

Koue bring reën na Noord-Kaapse winterreënvalgebiede  | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Boere wat in die Springbok-omgewing in die Noord-Kaap geleë is, het onlangs opvolgreën ontvang.

Só sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, nadat bitter koue toestande die afgelope week sentraal Suid-Afrika getref het. Hy sê daar is egter steeds gebiede wat niks reën ontvang het nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen, wat die Springbok-omgewing op 30 Junie besoek het, sê dié omgewing het tussen 12mm en 20mm reën gehad. Calvinia het ook sowat 20mm reën ontvang sowel as sneeu wat op die hoogliggende dele voorgekom het.

“Sutherland het self ‘n dik klomp sneeu gekry. So 10cm sneeu wat in die Sutherland-omgewing geval het,” deel Jansen verder.

Hy sê egter dat die Loeriesfontein-omgewing nog nie reën ontvang het nie en dat die gebied steeds baie droog bly.

Wat tegnologie in dié verband betref sê Jansen help dit boere en die breër publiek om vroegtydig in kennis gestel te word van kouefronte sodat hulle hulself en hul diere teen die koue kan beskerm.

Weens die reënval het die Clanwilliam-dam vol gereën, wat verligting vir boere in dié omgewing bring.

Daarmee saam het die Calvinia-damvlakke van 17% na 23% gestyg.

Verder sê Jansen vloei die Visrivier nie en dat daar meer reënval nodig is. “Dit is ‘n lewensaar vir hierdie gebiede. Die plase het almal uitkeer-sluise wat water uit die Visrivier kan uitkeer om landerye nat te maak waarin daar lusern geproduseer word [sowel as] winter-weidings soos hawer wat in hierdie lande geplant word.”

Jansen het ook iets interessant gedeel oor die Visrivier. Hy vertel dat statistieke toon dat vanaf 1930, het die Visrivier nooit vir langer as drie jaar nié gevloei nie, “maar in die stadium het hy nog net een keer in vyf jaar gevloei.”

Hy sluit af deur te sê dat lusern-landerye langs die bogenoemde rivier dood is en hervestig moet word omdat dit vir ‘n lang tydperk nie water kon kry nie.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.