On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

At Lunch

Kontreikuiers: Die Pink Padstal in Kakamas

───   11:33 Wed, 27 Oct 2021

Kontreikuiers: Die Pink Padstal in Kakamas | News Article

In 'Kontreikuiers' kuier en klets Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.

Die Pienk Padstal is soveel meer as net 'n normale padstal. 

LEES OOK: Jacques de Wet die storieverteller

Dié eienaardige plaasstalletjie, wat op die Noord-Kaap se Kokerboomroete geleë is, lê op die N14 net soos jy die dorp Kakamas van Upington se kant af binnery.

'n Hartlike en kleurvolle verwelkoming wag op jou by Die Pienk Padstal, waar hulle gedroogde vrugte, konfyte, heuningkoeke, fudge, spookasem en ander lekkernye wat jou waarskynlik aan jou kinderdae sal herinner verkoop.

Daar is ook geskenke, boeke, kuns en kunsvlyt … noem maar op, jy sal dit (en meer) vind.

Fanie Fick is die eienaar en stigter van Die Koker Kombuis by Die Pienk Padstal. Fanie het 'n passie om goed voorbereide, geliefde etes na jou bord te bring.

Hy het in 2011 met 'n meisie oorspronklik van Kakamas getrou en is trots om uiteindelik sy gesin van 4 in die  Noord-Kaap groot te maak. Hy gesels in die potgooi hieronder met Cyril Viljoen.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.