On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wenke vir winterkoring-aanplantings in somerreënvalgebiede

───   06:23 Thu, 21 Feb 2019

Wenke vir winterkoring-aanplantings in somerreënvalgebiede | News Article
FOTO: Verskaf aan OFM

In hierdie insetsel praat Esmond Coen oor koringaanplantings in die somerreënval gebied.


Coen sê winterkoring in somerreënvalgebiede word in onder meer Kroonstad, Bothaville, Viljoenskroon, Koppies en Hoopstad in die Vrytaat aangeplant. Dit word onder besproeiing in die Vaalharts, Brits, Groblersdal asook in Noord-Kaapse distrikste soos Douglas, Prieska en Hopetown aangeplant.  Dit is 'n koel-seisoengewas, want hoë temperature en humiditeit bevorder siektes.

Coen gee 'n paar wenke  oor koringaanplantings om 'n suksesvolle oes te lewer. Een daarvan is die belang van vogbewaring in somermaande. Genoeg water moet in die grondprofiel opgegaar word.



Dié landbouverslag op OFM is moontlik gemaak deur SUIDWES LANDBOU. 

Dagboek 23 Februarie vir die Suidwes Landbou-skietdag, wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging se Diamanttak in Makwassie aangebied word. Bel Johannes by 083-796-9972 vir navrae.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.