Agri Hour
Agri NK streef na volhoubare transformasieprojekte─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Mon, 02 Sep 2019

Agri Noord-Kaap is toegewyd tot grondhervorming in dié provinsie. Alles gaan in die stryd gewerp word om volhoubare transformasieprojekte in samewerking met kommersiële boere en ander betrokkenes in die private sektor in plek te stel.
Dit was dié organisasie se president, Nicol Jansen, se boodskap op Agri Noord-Kaap se kongres verlede Woensdag en Donderdag in Kimberley.
Jansen sê daar is suksesvolle projekte van dié aard in die provinsie, maar die organisasie is in die proses om ‘n grondoudit te doen in ‘n poging om daarop te verbeter en vas te stel waarom van die ander bestaande projekte onsuksesvol is.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het dié kongres bygewoon en met Jansen gepraat….
Sien aangehegte PODCAST
Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.