Agri Hour
Agri NK wil met Mabuza praat oor lang, ingewikkelde ramphulpproses─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:42 Fri, 04 Oct 2019

Verteenwoordigers van Agri Noord-Kaap, die African Farmers Association of South Africa, Afasa, die National African Farmer's Union, Nafu, en ander betrokkenes gaan 'n nasionale regeringsafvaardiging se besoek aan dié provinsie ten volle gebruik.
Die uitwerking van die voortslepende droogte op die provinsie in geheel moet beklemtoon word. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê daar gaan ook gefokus word op die omvang van die ramp, asook die dringendheid om dié provinsie se ekonomie te stabiliseer. Adjunkpresident, David Mabuza, en die minister van landbou, Thoko Didiza, besoek die Aggeneys-distrik naby Springbok vandag om hulself te vergewis van die droogtesituasie in die Noord-Kaap. Dit kom nadat Mabuza in die parlement onderneem het om dié provinsie te besoek.
Jansen sê hy wil ook met Mabuza praat oor die ingewikkeldheid van die tydrowende ramphulpproses wat dringend vereenvoudig en versnel moet word sodat die regering aandag aan ‘n rampsituasie soos dié kan skenk. Hy verwag ook nie ‘n amptelike aankondiging oor die feit dat die provinsiale regering die Noord-Kaap in geheel as ‘n rampgebied verklaar het nie, sê Jansen. Die departement het al by twee geleenthede bevestig dat dokumentasie rondom dié besluit in plek is en dat die provinsie reeds as ‘n droogterampgebied verklaar is. Hy sê die proses is egter nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie, weens ‘n interne kwessie.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jansen gepraat...
Sien onderstaande PODCAST...
Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, slegs op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus