On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering moet vinnig regte besluit neem oor invoertariewe op hoender

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Wed, 04 Mar 2020

Regering moet vinnig regte besluit neem oor invoertariewe op hoender | News Article

‘n Tarief-aankondiging op ingevoerde hoenderstukke van onder meer lande soos Brasilië kan die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf beskerm, veral in terme van werksgeleenthede.


‘n Tariefverhoging behoort ook ingestel te word ter ondersteuning van plaaslike kleinboere, wat dit moeilik vind om mee te ding in ‘n kompeterende mark weens handelaars wat dié produkte invoer. Dit is volgens Francois Baird, stigter van die teen-stortingsbeweging, FairPlay, nadat die Suid-Afrikaanse regering nog geen tarief-aankondiging gedoen het nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Baird gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié  tariefverhoging vind nie plaas nie ondanks die feit dat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede in Februarie vanjaar ‘n instelling van ‘n tarief in die pluimveebedryf aangekondig het. Baird sê egter ‘n aankondiging en instelling sou in ‘n bestek van twee weke plaasvind, maar dit het nog nie plaasgevind nie.

As dié tarief slegs 'n gebaar is en nie werklik ingestel word nie, dan gaan die speelveld vir plaaslike handelaars en produsente steeds ongelyk wees.

Hy sê dié beweging is bekommerd oor die instelling van ‘n tarief, wat nog nie bekendgemaak is nie. Daarmee saam kan daar moontlik druk op die Suid-Afrikaanse regering wees om dié tarief af te skaal van wat dit behoort te wees. 

Plaaslike invoerders se wins is sowat R8,65 per kg ingevoerde hoender, wat onder die Suid-Afrikaanse verbruikersprys is, so hulle kan dit bekostig om terug te sit en te ontspan as die regering byvoorbeeld ‘n 50%-tarief aankondig. Dié invoerders se wins word dan verlaag van R8,65 na sowat R4, wat steeds onder die Suid-Afrikaanse verbruikersprys is, sê Baird.

Hy sê die groot probleem vir FairPlay in die stadium is dat ‘n ondoeltreffende tarief 'n groot bedreiging vir die meesterplan vir die hoenderbedryf is. Dié plan is verlede jaar deur landbouminister, Thoko Didiza, aangekondig om die pluimveebedryf in Suid-Afrika verder te ontwikkel.

Baird sê indien dié meesterplan nie uitgevoer kan word weens die ongelyke speelveld vir invoerders en plaaslike produsente nie, kan dit beteken dat meer mense in Suid-Afrika verlore gaan wees vir dié bedryf.  

Fair Play vra nou dat daar dringend opgetree moet word ten opsigte van die korrekte tarief, wat net so belangrik is as om ‘n tarief in te stel.

Dit was Francois Baird, stigter van die teen-stortingsbeweging, FairPlay,  slegs op Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.