On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Invoerders van hoenderstukke mislei Suid-Afrikaanse verbruikers

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:06 Tue, 10 Mar 2020

Invoerders van hoenderstukke mislei Suid-Afrikaanse verbruikers | News Article

‘n Tarief-aankondiging op ingevoerde hoenderstukke van onder meer lande soos Brasilië kan die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf beskerm, veral in terme van werksgeleenthede.


Daarmee saam behoort 'n tariefverhoging  ook ingestel te word ter ondersteuning van plaaslike kleinboere, wat dit moeilik vind om mee te ding in ‘n kompeterende mark weens handelaars wat dié produkte invoer. Dit is volgens Francois Baird, stigter van die teen-stortingsbeweging, FairPlay, nadat die Suid-Afrikaanse regering nog geen tarief-aankondiging gedoen het nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Baird gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê plaaslike invoerders se wins is sowat R8,65 per kg op ingevoerde hoender, wat onder die Suid-Afrikaanse verbruikersprys is, so hulle kan dit bekostig om terug te sit en te ontspan as die regering byvoorbeeld ‘n 50%-tarief aankondig.

Volgens hom pas invoerders nie die prys van dié hoender van onder meer lande soos Brasilië aan nie.

Invoerders maak hul skuldig daaraan om nie hul wins te verklein as die prys van produkte (R8,65) goedkoper is nie.  

Dié invoerders maak nie die prys van R8,65 goedkoper, as die wins wat hul maak kleiner is nie.(?) Hulle lag steeds al die pad bank toe met 'n prys vir dié ingevoerde hoender wat steeds op die Suid-Afrikaanse markprys geskoei is. Dit kom daarop neer dat dié invoerders slegs hul wins op hoenderprodukte vergroot en hul skuldig maak aan roofhandel, waar die Suid-Afrikaanse verbruiker aan die kortste ent trek.

Dit is slegs hoenderstukke met been in, wat ingevoer word na Suid-Afrika en waarop die invoerders wins maak. Witvleisstukke word deur die invoerders in die noordelike halfrond verkoop, waar hulle ook groot wins maak.

Hy sê die invoerders verdien bykomende wins in Suid-Afrika en mislei verbruikers deur die indruk te skep dat verbruikers meer gaan betaal vir dié hoenderstukke as 'n invoertarief deur die regering ingestel word.

Baird sê die teendeel is egter waar, 'n tarief sal die invoerders dwing om te kompeteer met Suid-Afrikaanse hoenderverskaffers. Dit is juis daarom dat 'n tarief behoorlik en effektief moet wees, om te verhoed dat werkloosheid in Suid-Afrika verder toeneem.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.