On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Plaaslike hoenderproduksie goed vir voedselsekerheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:55 Thu, 16 Apr 2020

Plaaslike hoenderproduksie goed vir voedselsekerheid | News Article

Dit gaan onder omstandighede goed in die hoenderbedryf en produksie gaan voort, ondanks die uitdaging van die Covid-19-virussiekte.


Dit is volgens, Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, SAPV, wat meen in terme van voedselsekerheid is dit geweldig belangrik dat produksie in dié bedryf plaasvind. Hy sê daar was wel uitdagings wat verband hou met die vervoer van produkte. Logistieke en probleme met arbeid het ook opgeduik, terwyl veral kleinboere met die aanvang van die nasionale inperkingstydperk swaar getref is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daar is sowat 800 000 kleinboere in Suid-Afrika en hul markte het nie gevloei nie weens inperkingsregulasies,wat intussen opgehef is. Die impak daarvan was egter groot omdat bykans 'n miljoen hoenders per maand lewend aan die mark vir lewende hoenders verskaf is en in dié mark is daar nie groot- of kleinhandelaars nie. 

Hy sê die invoer van hoender vind steeds plaas, en meer hoender is in Februarie ingevoer teenoor 2018. Die Rand/Dollar-wisselkoers gaan egter vandeesmaand 'n wesenlike rol speel ten opsigte van dié invoer, wat tot  'n verlaging kan lei en duurder hoender kan te wagte wees.   

Breytenbach meen Suid-Afrika berei hom egter voor op die situasie waarin lande soos Duitsland, China, Italië, en Ierland hulself bevind, ten opsigte van die afname in produksievlakke en om dit te voorkom. 

Groot hoeveelhede mense in dié lande het positief vir Covid-19 getoets, dit sluit mense in produksie-afdelings in, mense het uit vrees vir dié virussiekte bloot nie vir werk opgedaag nie. Talle geriewe is ook gesluit, maar Breytenbach meen Suid-Afrika skaaf hom egter vir dié situasie. 

Dit was Izaak Breytenbach, die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, SAPV, slegs op die Agri-Uur. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.