On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

NK-skole ‘moet self Eskom betaal’

───   17:16 Tue, 25 Feb 2020

NK-skole ‘moet self Eskom betaal’ | News Article

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap sê hulle gaan nie finansiële hulp aan skole kan verleen wat geld aan Eskom skuld nie.


Lehuma Ntuane van die departement sê die departement sal wel geld wat aan skole geskuld word in April vanjaar betaal. Ntuane sê skole is verantwoordelik om hulle eie elektrisiteitsrekeninge te betaal.

Dié aankondiging kom nadat Hoërskool Garies se ligte afgeskakel is weens agterstallige skuld van meer as R200 000. Eskom het gedreig om die kragtoevoer na meer as elf munisipaliteite in die provinsie af te skakel, wat nagenoeg 16 skole in onder meer die Khai Ma- munisipaliteit by Poffader, Khai Garip by Keimoes en die Gamagara-munisipaliteit by Danielskuil insluit. Die departement het intussen gevra dat skole se beheerliggame moet ingryp en help verseker dat dienslewering plaasvind deur vir dienste te betaal.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.