On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vriendelike Frikkie word onthou ná sinlose moord

───   HEIDRÈ MALGAS 14:38 Tue, 22 Aug 2023

Vriendelike Frikkie word onthou ná sinlose moord | News Article
Frikkie van Niekerk se dood het sy familie hard getref omdat hy so opgewonde was oor die toekoms en uiteindelik selfstandig was. Foto: Facebook

Die verstandelik gestremde Frederick van Niekerk, beter bekend as Frikkie, is verlede naweek naby die Vrouemonument in Uitsig, Bloemfontein, vermoor.

Sy dood het sy familie hard getref omdat hy so opgewonde was oor die toekoms en uiteindelik selfstandig was. Sy neef Chris Botha sê Frikkie was 'n sagte mens wat redelik skaam was totdat hy mense beter leer ken het.

OFM Nuus het ook berig dat die Vrystaatse polisie op soek is na 'n verdagte nadat Van Niekerk se liggaam met steekwonde in Memoriamweg in Uitsig, Bloemfontein, gevind is.

Die kruis is opgerig by die vrouemonument. Foto: Facebook

"Frikkie het onder moeilike omstandighede grootgeword en dit was vir hom ongelooflik lekker as hy iets bereik het – soos om vir homself iets te kon koop. Een van die hoogtepunte was toe hy sy eie woonstel gekry het.”

Tanya van Heerden, sy tannie, sê Frikkie het 'n baie uitgaande persoonlikheid gehad. "Sy belange was altyd 'n prioriteit vir hom en sy gestremdheid het hom nie baie beperk nie. Hy is gebore met hidrosefalie, maar kon goed loop."

Frikkie van Niekerk en sy niggie Reoné van Heerden. Foto: Facebook

Hy het op 18 Augustus bo-op die brug in Monumentweg inmekaargesak en is later aan die onderkant van die brug naby die Vrouemonument gevind. Sy sê daar is geen inligting oor sy moordenaars nie en dat die hele familie woedend is oor wat gebeur het. "Hierdie is baie erg vir ons. Daar was verkeer en voetgangers waar hy vermoor is. Dit is 'n besige pad," sê sy.

Sy woonstel se sleutels is gesteel en die kospakkie wat hy by hom gehad het, het lank in die pad gelê. Sy selfoon en beursie is nie gesteel nie.  Enigeen met meer inligting kan hul naaste polisiekantoor kontak.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.