On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

OPGEDATEER: Jong Ficksburg-boer se moordenaar Vrydag gevonnis

───   12:30 Fri, 19 Apr 2024

OPGEDATEER: Jong Ficksburg-boer se moordenaar Vrydag gevonnis | News Article
Evan Sorour (28) is in Februarie 2023 doodgeskiet. Foto: Facebook

“Hy toon berou vir Evan se moord, maar is nog kwaad vir Reuter wat volgens hom Evan aangehits het om hom te skiet.”

OPGEDATEER: Rudi Gericke, wat in die rondgaande hooggeregshof op Ficksburg skuldig bevind is aan die moord op ’n jong plaaslike bees-en-bokboer, Evan Sorour, is Vrydag (19/4) twaalf jaar gevangenisstraf opgelê.

’n Veespekulant van Ficksburg se vonnisoplegging het Donderdag (18/4) begin, nadat hy Vrydag 23 Februarie in die rondgaande hooggeregshof op die dorp skuldig bevind is aan die moord op ’n jong plaaslike bees-en-bokboer.

Rudi Gericke. Foto: Facebook

Rudi Gericke (39) is ook skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, maar hy is vrygespreek op die aanklag van poging tot moord op sy slagoffer, Evan Sorour (28), se pa, Reuter Sorour (56). 

Adv. Willem Edeling (SC) het ter versagting van vonnis volgens Netwerk24 gesê Gericke is nie fisiek en geestelik gesond nie. Hy ervaar glo erge pyn en uitdagings weens sy twee skietwonde. 

Edeling voer aan Gericke is hartseer oor wat gebeur het en glo dit moes nooit gebeur het nie. “Hy toon berou vir Evan se moord, maar is nog kwaad vir Reuter, wat volgens hom vir Evan aangehits het om hom te skiet.”

Sy buurman, Gericke het Reuter op Sondag 8 Januarie 2023 gebel oor beeste wat ’n heining beskadig en oorgesteek het na die buurplaas, wat Gericke gehuur het. Reuter en sy seun Evan is met motorfietse daarheen om die beeste terug te jaag, het Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder, gesê.

Reuter het agtergebly terwyl Evan met die beeste vort is. Gericke het toe vir Reuter aangerand, wat sy seun ontbied het. “Met Evan se aankoms het Gericke na bewering sy vuurwapen uitgepluk en die (jong man) vyf keer geskiet. 

Jan le Grange (35).

“Evan het na bewering teruggeskiet en Gericke gewond. Reuter en Evan het teruggery huis toe waar hy dadelik met ’n ander voertuig sy seun hospitaal toe geneem het. Ongelukkig het Evan aan sy beserings beswyk, voor hulle die plaaslike hospitaal kon bereik,” het Mophiring gesê.

Gericke is weke lank in ’n private hospitaal in Bethlehem onder polisiebewaking gehou, waar hy sewe operasies vir die skietwonde in sy heup en buik ondergaan het. Hy is daarna na die gevangenis op Kroonstad oorgeplaas, maar het weer tyd in Ficksburg se provinsiale hospitaal deurgebring.

Hy en sy vriend en vennoot Jan le Grange (35) het ook verlede jaar in verband met ’n bakleiery by Ficksburg se gholfklub verskyn.


’n Facebook-blad, Justice for Evan Sorour, is begin om sy familie te ondersteun in hul soeke na geregtigheid. ’n Lywige petisie met duisende handtekeninge is by die NVG se kantore in Bloemfontein en Pretoria ingedien om borgtog vir Gericke teen te staan.


Gericke, Le Grange en die boeregemeenskap van Ficksburg is glo al lank in ’n stryd gewikkel. Albei is veespekulante, maar boere sê glo hulle “hou nie van die manier waarop die mans sake doen nie”.

Die plaaslike boerevereniging wou hulle ’n paar jaar gelede nie as lede toelaat nie, en die verhouding het toe verder versuur.

Gericke sal na verwagting Vrydag gevonnis word. 

OFM Nuus cg/mc/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.