On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

President spreek Vrystaatse manne-indaba toe

───   REFILWE BEKANE 06:00 Thu, 04 Dec 2025

President spreek Vrystaatse manne-indaba toe | News Article
President Ramaposa gaan Donderdag (4/12) die hooftoespraak lewer op die Vrystaatse provinsiale indaba vir mans. Foto: X

Suid-Afrika se president gaan Donderdag (4/12) die hooftoespraak lewer op die Vrystaatse provinsiale indaba vir mans.

Volgens die presidensie is die byeenkoms in die Limo Green Park-lokaal in Bloemfontein die hoofgeleentheid van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog. Dit wil mans en seuns aanspoor om betrokke te raak in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord (GBGV).

“Die program is ontwerp om sterk dialoog te bevorder, positiewe manlikhede te propageer, en multisektorale vennootskappe te versterk om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp,” sê die presidensie.

Tema & benadering

Vanjaar se tema is Letsema: Mans, vroue, seuns en meisies werk saam om geslagsgeweld en vrouemoord te beëindig. Die presidensie vra ’n verenigde, landwye reaksie wat op samehorigheid en wedersydse aanspreeklikheid geskoei is.

Deelnemers

Sameroepers verwag meer as 4,500 afgevaardigdes, wat ’n uitgebreide spektrum van institusionele kategorieë verteenwoordig.

Foto: Facebook/Free State Provincial Government

Onder die deelnemers is die Vrystaat provinsiale regering, die departemente van samewerkende regering en tradisionele sake en menslike nedersettings, saam met uitvoerende gesagstrukture, politieke partye, geloofsverenigings, die beroepsportgemeenskap, onafhanklike burgerlike organisasies, en jong mans uit alle uithoeke van die provinsie.

“Die indaba sal dien as ’n platform om skadelike geslagsnorme uit te daag, te pleit vir ekonomiese geregtigheid vir vroue, en veilige omgewings in gemeenskappe en werkplekke te bevorder,” verklaar die presidensie.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM News mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.