On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vra hulp om twee vermiste vroue op te spoor

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:39 Tue, 09 Dec 2025

Polisie vra hulp om twee vermiste vroue op te spoor | News Article
Icherene Savada Sussana Windstaan en Maditaba Eunice Mokhele is vermis. Foto: SAPS

Die polisie vra inwoners moet help soek na twee vroue wat die afgelope week in die Noord-Kaap en Vrystaat as vermis aangemeld is.

Die polisie op Kakamas soek na Icherene Savada Sussana Windstaan (40). Sy is Dinsdag (2/12) laas gesien. 

Windstaan het ’n ligblou denim, ’n wit hemp en wit skoene aangehad, sê sers. Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder. Sy is vermoedelik in die omgewing van Upington.

Foto ter illustrasie: iStock

Enigiemand met inligting wat kan lei tot haar opsoring, kan die ondersoekbeampte, kapt. Gabriel Matthys, by 076 021 4734 of 082 447 190 nader of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Op Winburg vra die polisie die publiek se hulp om Maditaba Eunice Mokhele (62) op te spoor. Sy is Maandag as vermis aangemeld.

“Maditaba is Sondag omstreeks 17:45 laas gesien, sê sers. Palesa Thabana. provinsiale polisiewordvoerder. “Sy het na bewering die huis verlaat sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy gaan.”

Foto ter illustrasie: Adobe Stock

’n Soektog na Maditaba het tot dusver niks opgelewer nie. Sy het ’n wit T-hemp, vaal baadjie, swart romp en wit tekkies aangehad.

Die polisie vra enigiemand wat weet waar sy haar bevind, moet konst. Siyabonga Letebele van die Winburg-speurders by 082 466 7678 nader of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. 

In albei gevalle kan anonieme wenke deurgegee word met die MySaps-app.

Aanmelding van vermiste persoon

Daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul ’n polisie 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n Polisie 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.