On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Upington-oudpolisieman voor vir moontlike pleitooreenkoms

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:30 Wed, 18 Feb 2026

Upington-oudpolisieman voor vir moontlike pleitooreenkoms | News Article
Die aanklagte teen lt.kol. Pieter Andries Nel van die Upington-polisiekantoor sluit bedrog en geldwassery in. Foto verskaf

Die NVG herbevestig sy verbintenis om openbare amptenare aanspreeklik te hou en te verseker dat die misbruik van belastingbetalersgeld met wortel en tak uitgeroei word.

Lt.kol. Pieter Andries Nel, ’n gewese Noord-Kaapse polisiebeampte, word daarvan beskuldig dat hy meer as R1 miljoen uit bedrieglike transaksies in sy sak gesteek het. Sy verhoor is tot 18 Februarie uitgestel vir ’n moontlike pleitooreenkoms en verhoor.

Nel het op 17 November in die streekhof op Upington verskyn. Hy het na bewering die dossier in sy eie korrupsiesaak aan sy verdediging bekendgemaak. Nel is op 20 Mei op borgtog van R20 000 vrygelaat, nadat die saak uitgestel is vir sy eerste verskyning in die streekhof, sê lt.kol. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder.

Bedrieglike transaksies

Nel, wat destyds verbonde was aan Upington se polisiekantoor, is deur die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige korrupsie tuis in hegtenis geneem op talle aanklagte, waaronder bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Volgens Thebe word Nel beskuldig van bedrieglike transaksies van altesaam R1 245 620 tussen Desember 2022 en April 2023.

“Die aanklagte teen Nel sluit in die indiening van fiktiewe eise onder die polisie se voedingsprogram vir aangehoudenes, die indiening van valse eise vir bande en brandstofaankope vir polisievoertuie en die duplisering van verblyf- en reistoelaageise.”

Oorsprong van geld verberg

Die beweerde bedrieglike betalings is na bewering in Nel se persoonlike bankrekening gedeopneer. 

“Hy staan tereg op 97 aanklagte van bedrog en 97 aanklagte van geldwassery, omdat hy na bewering die oorsprong van die gesteelde geld verberg het,” sê Thebe.

“Nel word ook aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, ’n wetgewing wat die etiese en verantwoordelike bestuur van openbare finansies beheer.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of WhatsApp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.