On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Tiener raak vermis tydens kuier in Vrystaat

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:01 Sat, 20 Dec 2025

Tiener raak vermis tydens kuier in Vrystaat | News Article
Avuyonke Rubushe word vermis. Foto: SAPD

Daar is steeds geen spoor van ’n tiener wat tydens ’n besoek aan die Vrystaat vermis geraak het nie.

Die Vredefort-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help om Avuyonke Rubushe (15) op te spoor. Sy familie glo dat hy moontlik verdwyn het omdat hy nie vertroud is met die gebied nie. 

“Avuyonke is Sondag (14/12) omstreeks 12:00 deur vriende in die Mokwallo-gebied gesien,” sê die provinsiale polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani.

Volgens sy familie het Avuyonke vir die skoolovakanise kom kuier en ken hy nie die omgwing nie.

“Hy kan slegs IsiXhosa en Engels praat.”

Avuyonke is laas gesien in ’n militêre groen baadjie, swart kortbroek, blou en wit Kappa-skoenes en ’n rooi mus.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het oor Avuyonke om speurdersers. Vincent Ntantiso te kontak by 064 855 8688 of 083 573 9500 of bel Stop Misdaad by 08600 10111.

Twee tienerseuns van Bloemfontein word vermis | News Article

Die twee vermiste tieners. Foto: SAPD

Intussen word nog  tienerseuns van Bloemfontein sedert Sondag (14/12) vermis. Die polisie vra inwoners se dringende hulp om die seuns op te spoor. Die twee vriende, albei van die Kagisanong-gebied, het glo saam weggeraak.

Keamohetswe Ramotsie (14) is Sondagoggend (14/12) laas gesien toe sy ma hul huis in Albert Luthuli, Rocklands, verlaat het om werk toe te gaan.

Toe sy terugkom, was Keamohetswe skoonveld, sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder. “Sy het dadelik na hom begin soek en sy vriende gekontak. Sy het gehoor Keamohetswe het na bewering saam met sy vriend Kamohelo Finger (16) die pad gevat.”

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Bloemfontein het die ondersoek oorgeneem en versoek enigiemand met inligting oor die seuns om na vore te kom. Maak kontak met Nikiwe Mokatsanyane, ondersoekbeampte, by 082 453 0815 of bel Stop Misdaad by 08600 10111.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.