On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisieman veilig gevind ná reuse-soektog

───   KEKELETSO MOSEBETSI 07:29 Sun, 28 Dec 2025

Noord-Kaapse polisieman veilig gevind ná reuse-soektog  | News Article
Die berge van Vioolsdrift. Photo: thegrowcery.co.za

'n Noord-Kaapse polisiebeampte wat vermis geraak het terwyl hy in die bergagtige gebied naby Vioolsdrift gestap het, is veilig gevind ná 'n grootskaalse soek-en-reddingsoperasie.

Die sersant, verbonde aan Vioolsdrift se grenspolisiëring, het Vrydag (12/26) saam met twee ander mense in die bergagtige gebied gaan stap. Die ander twee het daarin geslaag om veilig terug te keer maar daar was geen teken van die sersant nie.

Die voorval is omstreeks 22:00 by die polisie aangemeld, waarna 'n soektog onmiddellik begin is. Weens die donkerte en die gevaarlike terrein is die soektog opgeskort en weer die volgende dag vroegoggend om 06:00 hervat.

Die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder lt.-kol. Thabo Litabe, sê die vermiste beampte het daarin geslaag om sy gesin gedurende die nag te kontak.

Foto: Facebook/SAPD

“Gedurende die nag het die vermiste lid telefonies kontak met sy vrou gemaak en haar meegedeel dat hy veilig is en besluit het om oornag in die berge te bly om verdere disoriëntasie of beserings te vermy.”

Bystand is verleen deur die lugvleuels van Gauteng, die Wes-Kaap en die Noord-Kaapse polisie, terwyl lede van die grenspolisie, plaaslike polisielede, Springbok se K9-eenheid, soek- en reddingspanne, plaaslike nooddienste, TransEx-helikopterdiens en lede van die publiek ook help soek het.

Die soekgeselskap het die beampte later Saterdag suksesvol opgespoor. Hy is ongedeerd gevind en het sedertdien veilig huis toe gekeer

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus   cvdw

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.