On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Nood-Kapenaar kry lewenslank vir seksuele misdryf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:19 Tue, 28 Apr 2026

Nood-Kapenaar kry lewenslank vir seksuele misdryf | News Article
Sers. Moreetsimang Mogakwe. Foto: SAPD

’n Noord-Kapenaar se lewenslange vonnis moet as ’n sterk waarskuwing dien vir oortreders wat hulle skuldig maak aan geslagsgeweld en vrouemoord.

Tshepo Lovemore Morole is Dinsdag (27/04), byna drie jaar ná die voorval, in die streekhof in Kimberley gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting. Hy is ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die slagoffer (20) is omstreeks 04:00 op Vrydag 3 November 2023 op pad huis toe deur drie mans agtervolg. Hulle het haar ná ’n geruime tyd ingehaal, een het haar met ’n hamer oor die kop geslaan, en sy het haar bewussyn verloor, sê lt.kol. Thabo Litabe, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die slagoffer kon niks van die voorval onthou nie, maar toe sy haar bewussyn herwin, het sy haar in ’n onbekende erf bevind, gedeeltelik ontklee, langs ’n onbekende man wat ’n hamer vasgehou het.”

Verdagte vas ná ondersoek

Toe hy besef sy het haar bewussyn herwin, het die man die hamer eenkant toe gegooi en probeer om haar te help, sê Litabe. “Die slagoffer het daarin geslaag om hom weg te stoot en na ’n nabygeleë huis gevlug om hulp te soek. Die verdagte het hom uit die voete gemaak.”

’n Saak is aanhangig gemaak by die Kimberley-polisiekantoor. Deur middel van ywerige ondersoek en die slagoffer se gedetailleerde beskrywing is die verdagte geïdentifiseer en deur sers. Moreetsimang Mogakwe in hegtenis geneem.

DNS-bewyse het Morole later met die misdaad verbind, wat tot sy skuldigbevinding gelei het.

Genl.maj. Gabathata Makgari, Frances Baard se distrikskommissaris, verwelkom die vonnis en loof Mogakwe vir sy toewyding en deursettingsvermoë om die beskuldigde aam die man te bring.

“Ek hoop dat hierdie vonnis as ’n sterk afskrikmiddel sal dien vir diegene wat die oppergesag van die reg ondermyn deur die mishandeling van vroue.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.