On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Vrou met verskeie steekwonde op Theunissen gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:21 Sun, 08 Nov 2026

Vrou met verskeie steekwonde op Theunissen gevind | News Article
Vrou van Theunissen se liggaam met 14 steekwonde gevind. Foto ter illustrasie: iStock

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n moord nadat ’n vrou se liggaam met 14 steekwonde in ’n verlate gebou gevind is.

Nthabiseng Moiloa (32) se liggaam is vroeg Saterdagoggend (7/11) in ’n verlate perseel in Le Rouxstraat ontdek. “Sy was gedeeltelik ontklee en het verskeie beserings aan haar kop en maag opgedoen,” sê sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Polisiebeamptes is omstreeks 03:40 na die toneel op Theunissen ontbied nadat ’n moontlike moord aangemeld is. ’n Lid van die buurtwag het hulle na die verlate gebou verwys waar hulle Moiloa se liggaam binne aangetref het. Hy was aanvanklik besig om ondersoek in te stel na inligting oor ’n moontlike koperdiefstal in die omgewing toe hy op die liggaam afgekom het.

'Die motief vir die moord is nog onbekend'

Sy is op die toneel dood verklaar en haar familie het haar later uitgeken. “Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat sy na bewering ongeveer 14 steekwonde opgedoen het. Die polisie sluit ook nie die moontlikheid uit dat sy seksueel aangerand is nie,” sê Thabana.

Die motief vir die moord is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie vra enigeen met meer inligting om na vore te kom. 

Bel speursers. Nnana Thekiso, ondersoekbeampte, by 071 442 9742 of 082 301 3028 of Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook vanaf ’n slimfoon deur die MySAPS-app gestuur word. Alle inligting word as vertroulik beskou.

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.