Cricket
Titans deur na MTN40-eindstryd - Roelof boul Lions aan flarde─── 08:10 Thu, 02 Dec 2010

Owen Kock
Bloemfontein. - Die Titans het gisteraand deurgedring na die eindstryd van die MTN40 reeks, na hulle die Lions in die tweede been van die halfeindstryd met 11 lopies geklop het. Die Titans het 287/8 in hul beurt aangeteken en daarin geslaag om die Lions in die laaste beurt vir 276 uitgeboul. Die Titans se Roelof van der Merwe het met twee agtereenvolgende paaltjies wat hy laat kantel het, en in totaal 5/41, die Lions se maanhare genkip, maar nie voor die Lions kaptein Alviro Petersen en Jonathan Vandiar ‘n eerste paaltjie venootskap van 116 lopies van net 77 balle gemoker het nie. Die Titans sal tot Vrydag moet wag om te sien wie hul teenstaander in die eindstryd sal wees wanneer die Dolphins en die Knights in hul tweede been halfeindronde wedstryd op Kingsmead in Durban speel.