At Lunch
@LUNCH - Bobby van Jaarsveld sê ‘tatta’ vir sy tatoes─── 13:30 Wed, 06 May 2015


Die titel van Bobby van Jaarsveld se liedjie “Een vir een” beskryf ook hoe dié plaaslike sanger en akteur besig is om van sy tatoes ontslae te raak.
Die proses het vroeg in 2011 begin, toe Bobby getwiet het : “spyt kom altyd te laat”.
In ’n onderhoud met SARIE het Bobby vertel dat hy sy tatoeëermerk verwyder het om sy beeld te verbeter: “Ek voel veral sleg as kinders sê hulle wil ook so ’n tatoe kry, want ek besef ek is in dié opsig nie ’n goeie voorbeeld nie.”
Party aanhangers was glad nie bang om hul ontevredenheid te deel nie.
“Hoekom? Dit het so mooi gelyk,” het een geskryf. “Ek sou dit liewers gelos het. Letsels gaan erger lyk as tattoes, maar sterkte vir die pyn,” het ’n ander aanhanger van haar laat hoor.