Entertainment
Cool Kids - Miss Teen International, Yulienke Jacobs─── 16:57 Thu, 17 Nov 2022
Yulienke Jacobs, 'n jong dame van Bethlehem, die eerste Suid-Afrikaner om met die gesogte Miss Teen International titel bekroon te word.
Yulienke het haar storie aan The Joyride vertel:
Ek is ’n 16-jarige energieke tiener en bly op die plattelandse dorp, Bethlehem. Tans is ek in gr. 10. Ek speel netbal en in my vrye tyd geniet ek dit om boek te lees en tyd saam my familie en vriende deur te bring. In die middae gaan stap ek graag met my Rottweilers, Qiara en Onyx.
Modelwerk is deel van my lewe vandat ek ses jaar oud is en my liefde daarvoor raak net groter. Al my mylpale sou nie moontlik gewees het sonder my modeljuffrou, Natasha Menino Costa, van ACE Models Vaal nie. Sy het ’n groot invloed op my lewe en nie net in my modelopleiding nie.
Een van die dinge waaroor ek passievol is, is opvoeding en kennis. Veral om my kennis te deel oor kinders met outisme. So baie keer word kinders met outisme geboelie omdat mense hulle nie altyd mooi verstaan nie. As ons meer kennis het oor hulle situasie sal ons hulle beter verstaan en verseker meer geduld hê.

In Junie het ek aan Miss Teen International South Africa deelgeneem en die titel verower. Die kompetisie is deur World South Africa Pageants gehou, waarvan Kaylan Hammel die eienaar is. Vier maande later was ons per vliegtuig op pad na Guayaquil Equador in Suid-Amerika.
Ons het ’n week daar deurgebring en is elke dag beoordeel. In dié week het ek baie mense van regoor die wêreld ontmoet. Die laaste aand is ons in vyf verskillende rondes beoordeel. Die finale ronde was ’n vraag wat ons op die verhoog moes beantwoord.
Dit was vir my ’n groot skok en groot eer toe ek as die 56ste Miss Teen International 2022 aangewys is. Vir my jaar as MTI 2022 het ek baie liefdadigheidsprojekte waaraan ek aandag gaan gee. Maar vir nou is ek eers net ’n tiener wat ’n eksamen moet klaar skryf.
Cool Kids - Yulienke Jacobs:
