Entertainment
Kyk saam: Yolanda Maartens gesels met David Fourie oor sy nuwe enkelsnit “On the radio”─── 08:23 Fri, 20 Jan 2023
Suid-Afrikaanse sanger, David Fourie, se langverwagte enkelsnit "On The Radio" is vandag uit en Mid-Mornig Magic se Yolanda Maartens gesels met hom oor waarmee hy die afgelope jare besig was en hoekom dit die perfekte tyd was om sy terugkeer te maak.
David is wel-bekend nadat hy sy verskyning in 2002 op die SA IDOLS-verhoog gemaak het en diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap het. Sy nuwe enkelsnit gee nuwe lewe aan die bekende Donna Summer-treffer.

Die “kreatiewe siel” is n groot aanhanger van Donna Summer en die disco-/soul-era. Daarom het dit vir hom, as musikant, baie genot verskaf of nuwe lewe in hierdie liedjie te blaas en dit op die radio vry te stel. Volgens home is On the Radio "natuurlik elke sanger se droom en dit neem hom terug na sy kleintyd in die platteland toe hy graag sy liedjies oor die radio wou hoor.”
Dié besonderse herverwerking van ’n gewilde treffer is simbolies van hoe David ook konstant besig is om homself te vernuwe, want elke gewilde treffer verdien dit immers om soms ’n nuwe baadjie aan te trek.
Volgens hom is hierdie liedjie regtig ’n samevatting van sy sterkpunte: sy stem, klavierspel, kreatiwiteit, ritme en emosie en dit is ’n herdenking wat erkenning gee aan ouer genres soos disco en soul.

Hierdie snit is nou beskikbaar op digitale platforms.
Sosiale media skakels:
Facebook: David Fourie
Instagram: @davidfourinsta
Twitter: @mydavidfourie
TikTok: David Fourie
