On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Entertainment

Woordstroom: Ds. Wollie klim uit voor hulle hom uitboender

───   11:30 Tue, 31 Jan 2023

Woordstroom: Ds. Wollie klim uit voor hulle hom uitboender | News Article
OFM se Gerben van Niekerk met die oud-leraar van die Klipkerk, Ds. Wollie Grobler.

Gerben van Niekerk het met die legendariese oud-leraar van die Klipkerk, Ds. Wollie Grobler gepraat oor sy lewe, sy loopbaan en oor die toekoms van die NG kerk.

Ds. Wollie Grobler, bekende en al by tye 'omstrede' oud-predikant van die NG Kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) het na 31 jaar die kansel vaarwel geroep. 

Gerben het met hom gepraat oor sy "moeilike jare" by die Klipkerk waar hy verkeerde skoene gedra het, per ongeluk sy vrou gevloek het op die preekstoel en sy vrees om uit die kerk "gedonder" te word. 

 

Gerben het hom uitgevra oor:

(00:00) Sy kinder- en skooldae
(10:25) Sy kleurryke taalgebruik
(20:10) Sy unieke kleredrag
(32:39) Of die NG-kerk in die moeilikheid is
(43:203) Sy stryd met COVID-19
(45:09) Of hy reg is vir aftrede

Om na ander episodes te luister, besoek gerus Woordstroom.

LEES OOK: Bloemfontein se Klipkerk vier 99ste verjaardag

Ds. Wollie Grobler en sy vrou Dina het in 2022 verhuis na Heidelberg in die Kaap waar hy nog gereeld preek op Youtube



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.