Entertainment
Amanzi Wildsfees - die fees om by te wees─── 09:14 Wed, 06 Aug 2025
Sponsored09:14 Wed, 06 Aug 2025
Vrydag (8/8) en Saterdag (9/8) is dit weer tyd vir die Amanzi Wildsfees by die asemrowende Amanzi Private Game Reserve, net buite Bloemfontein – en jy is genooi!
Pulane Nel Sekepe het met Martin Boshoff, mede-eienaar van Amanzi, gesels:
Dié fees vir die hele gesin bied iets vir elke ouderdom en smaak: van groot Suid-Afrikaanse musieksterre tot kosstalletjies, biertente, kindervermaak, wildritte en selfs ’n wildveiling!
Die kunstenaarslys is ’n fees op sy eie: Demi Lee Moore, Appel, Eloff, Jan Rhaap, Tamlyn Wessels en Chris Steyn is vanjaar op die verhoog. Daar is ook ’n sangkompetisie. Vir die avontuurlustiges wag die gewilde WildRun – met opsies oor 5 km, 10 km én 21 km. En die heel beste? As jy inskryf vir die WildRun, kry jy gratis toegang tot die fees daarna!
Bring die kinders saam – daar’s hope vermaak en ’n veilige, gesinsvriendelike atmosfeer. Geniet heerlike eetgoed, koue drankies en kuier soos net die Vrystaat kan!
Kaartjies is nou beskikbaar op Quicket.
- R150 per dag (ouderdom 12+)
- R100 per dag (kinders 5–12)
- Diegene jonger as vyf jaar kom gratis
- Naweekpakket: Slegs R250 vir albei dae!
Verblyf is beskikbaar op versoek, so maak dit ’n naweek om nooit te vergeet nie.
Moenie wag nie – skryf in vir die WildRun en bespreek vandag nog jou feeskaartjies.
Die Amanzi Wildsfees is die fees om by te wees... en WILD te wees!