On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Entertainment

Diamante in Aksie bied Bok van Blerk!

───   11:48 Tue, 31 Mar 2026

Sponsored11:48 Tue, 31 Mar 2026
Diamante in Aksie bied Bok van Blerk! | News Article

Hoërskool Diamantveld se “Diamante in Aksie”-projek is ’n liefdadigheidsinisiatief wat daarop gemik is om ’n positiewe verskil in die Kimberley-gemeenskap te maak.

As deel van hierdie projek bied die finaliste van Mnr en Mej Diamantveld ’n spesiale Bok van Blerk-konsert aan om fondse in te samel vir ’n betekenisvolle gemeenskapsprojek.

Die fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om die Lerato Park Daycare Centre te ondersteun – ’n dagsorgsentrum waar meer as 60 jong kinders, baie van hulle onder die ouderdom van vyf jaar, daagliks versorg word. Die sentrum funksioneer tans onder uitdagende omstandighede, met beperkte infrastruktuur en hulpbronne.

Die projek fokus op praktiese verbeterings wat ’n direkte verskil in die kinders se daaglikse lewe sal maak. Dit sluit onder andere die herstel van strukture, die installering van water en basiese geriewe, die verbetering van speelareas en die verskaffing van noodsaaklike items soos speeltoerusting, matrasse en toiletgeriewe in.

Deur hierdie konsert wil Hoërskool Diamantveld nie net fondse insamel nie, maar ook die gemeenskap saambring rondom ’n saak wat werklik saak maak. Die skool glo dat samewerking tussen skole, ouers, plaaslike besighede en die breër gemeenskap ’n groot verskil kan maak in die lewens van jong kinders.

Die publiek word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid by te woon en deel te wees van ’n projek wat hoop bring en lewens verbeter. Elke kaartjie wat gekoop word, dra direk by tot die verbetering van die 

Koop jou kaartjies hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.