On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Food

What’s on the menu – Mieliesop

───   08:30 Fri, 05 Apr 2024

What’s on the menu – Mieliesop | News Article
Mieliesop

Aangesien die winter om die draai is, het sjef Maradine besluit om so reg te staan met hierdie heerlike sopresep.

Mieliesop:

4 mieliekoppe se mielies (husks reserved)

1 liter (4 k) hoenderaftreksel

Room, soos nodig

4 e sprietuie, fyngekap

1 e tiemie, gedroog

¼ t vars, fyn knoffel

sout en peper na smaak

Braai mielies, sprietuie en knoffel vir 10 minute saam. Voeg die tiemie by en braai vir ’n minuut. Voeg mielies en hoenderaftreksel by, kook 15 minute tot sag. Maal dit in ’n versapper. Voeg room by soveel as wat jy verkies. Garneer met rissievlokkies en sprietuie. 

Jou keuse van witvleis of seekos kan ook saam met dit bedien word.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.