On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Health

Die karnivoordieet – Wat sê die wetenskap?

───   11:00 Wed, 14 Oct 2026

Die karnivoordieet – Wat sê die wetenskap? | News Article

Will van der Merwe, kliniese dieetkundige van Bloemfontein, praat met Pulane en die luisteraars oor die wetenskap agter die karnivoordieet.

Die karnivoordieet het die afgelope tyd baie aandag gekry, met voorstanders wat meen dit kan help met gewigsverlies, bloedsuikerbeheer en ’n eenvoudiger benadering tot eet. Maar hoe goed hou hierdie bewerings water wanneer ons na die wetenskap kyk? 

Will gesels met Pulane Nel-Sekepe tydens die Wellness Wednesday-gesprek oor wat die navorsing sê.

Hoewel die dieet vir sommige mense korttermynvoordele kan inhou, is Will nie heeltemal oortuig dat dit op die lang termyn die beste keuse vir gesondheid is nie. Hy bespreek onder meer die moontlike tekort aan vesel en sekere voedingstowwe, asook die vraag na die langtermynimpak van ’n dieet wat hoofsaaklik uit dierlike produkte bestaan.

Die gesprek kyk dus nie bloot na die karnivoordieet as “goed” of “sleg” nie, maar vra eerder: Wat sê die wetenskap, wat is die moontlike voordele en risiko’s, en is dit ’n volhoubare manier van eet? Will deel die mediese en voedingkundige feite om luisteraars te help om ’n ingeligte besluit oor hul eie eetpatrone te neem. sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.