On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

International

Op 86 is daar nog geen keer aan Japan se oudste liggaamsbouer

───   07:47 Wed, 19 Oct 2022

Op 86 is daar nog geen keer aan Japan se oudste liggaamsbouer | News Article
Toshisuke Kanazawa. PHOTO: My Modern Met

'n 86-jarige Japanse liggaamsbouer, Toshisuke Kanazawa, het onlangs aan die Japanse liggaamsboukampioenskap deelgeneem en só sy eie rekord geklop as die oudste kompeterende liggaamsbouer in die land.

Kanazawa, wat in Hirosjima woon, het aan die 68ste kampioenskap in Osaka teen ander veel jonger manne deelgeneem.

Hoewel hy nie tot die finale 12 deelnemers deurgedring het nie, is hy dankbaar dat hy die geleentheid gehad het om deel te neem.

"Ek hoop ek kan die harte van ander bereik wanneer hulle sien hoe ek 'n uitdaging aanpak, selfs op 'n hoë ouderdom," sê hy.

Kanazawa het op die ouderdom van 20 ernstig begin meeding, op 24 vir die eerste keer die Japan-kampioenskap gewen en weer op 27 jaar.

Op die ouderdom van 34 jaar het hy besluit hy het genoeg gehad en uitgetree. Hy het sy terugkeer gemaak voordat hy 50 geword het, om sy vrou, wie se gesondheid nie na wense was nie, “aan te moedig”.

Hy onthou dat niks haar gelukkiger gemaak het as toe hy gewen het nie, en het toe besluit om sy oefenprogram te hervat, sy dieet te verbeter en weer mee te ding. Hy het ophou rook en drink, vleis en vis uit sy dieet gesny en teruggekeer na maaltye wat hoofsaaklik bestaan het uit rys, gefermenteerde sojabone en miso-sop met eiers, en het drie ure per dag begin oefen.

Op 57 het Kanazawa die Meesterskampioenskappe vir liggaamsbouers in die ouderdomsafdeling van 40 en ouer gewen, en was altesame 15 keer 'n Japanse kampioen. In 2016 het hy 'n sesde plek in 'n  wêreld-liggaamsboukompetisie in die afdeling vir deelnemers ouer as 65 behaal, en ook 'n spesiale medalje as die oudste deelnemer verwerf.

Die legendariese fiksheidsfanatikus het geen planne om binnekort af te tree nie, en streef daarna om aan te hou meeding totdat hy 90 jaar oud is. 

Hy het tweede geëindig in Japan se 34ste Meesterskampioenskap wat in Augustus 2022 in Hokkaido gehou is, en is na die wêreldkampioenskappe in Spanje genooi wat in November plaasvind.

 “Ek is nog nie naby die wenstreep nie. Dit is belangrik om aan te hou om doelwitte te stel en uitdagings aan te pak, maak nie saak hoe oud jy is nie,” sê Kanazawa.

“Ek wil myself graag as ’n voorbeeld vir ander oupas en oumas in die wêreld stel deur gesond te lewe tot ná 100.”

Die legendariese liggaamsbouer eet 'n dieet van rys, gefermenteerde sojabone, en miso-sop met eiers, en beplan om aan te hou meeding totdat hy 90 jaar oud is.

My Modern Met

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.