On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

International

Luislang sleep seuntjie in swembad in

───   08:18 Fri, 25 Nov 2022

Luislang sleep seuntjie in swembad in | News Article
FOTO: Mail Online

’n Vyfjarige Australiese seuntjie het 'n traumatiese ervaring gehad nadat hy deur ’n luislang sowat drie keer sy grootte gebyt, verstrengel en in ’n swembad ingesleep is.

Volgens die BBC, was Beau Blake besig om om die swembad te loop toe die 3m-lange reptiel uit die bosse gekom het, hom aan sy enkel gebyt, sy lyf om die kind se been gedraai en hom die swembad onder die water ingesleep het.

Sy 76-jarige oupa, Allan, het terstond in die water gespring en die kind, verstrengel met die slang, uitgehaal en vir sy pa, Ben, aangegee.

Ben kon die slang van sy kind lostrek, waarna hy sy kind en pa kalmeer het.

Beau het geringe bytmerke aan sy enkel opgedoen. 

Volgens sy pa was Beau aanvanklike paniekerig dat hy sou doodgaan, maar het bedaar toe sy pa vir hom gesê het die slang is nie giftig nie en hy sal dus nie sterf nie.

"Hy is baie dapper," sê hy. Die gesin, wat in die kusdorpie Byron Bay in Nieu-Suid-Wallis woon, sal die bytwonde monitor vir tekens van infeksie.

Ondanks die gelukkige uiteinde, was die traumatiese gebeurtenis 'n "beproewing", sê Ben.

"Beau was op die rand van die swembad en ek glo die luislang het vir 'n slagoffer gewag om saam te neem - en Beau was die slagoffer."

“Ek het ’n groot swart skaduwee vanuit die bos sien kom en nog voordat hulle die water getref het, was dit heeltemal om sy been gedraai.”

Die slang is weer in die plantegroei losgelaat.

"Hy is terug na die toneel van die misdaad, die stoute ding."

Ben sê luislange kom algemeen in die gebied voor. "Kyk, hierdie is Australië."

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.