On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Flossie is op amper 27 die oudste kat ter wêreld

───   16:44 Fri, 02 Dec 2022

Flossie is op amper 27 die oudste kat ter wêreld | News Article
Flossie en haar eienaar, Vicki Green. FOTO: Guiness World Records

Ontmoet Flossie, die Britse kat wat onlangs deur Guinness-wêreldrekords as die oudste lewende kat in die wêreld aangewys is.

Flossie is 26 jaar en 316 (toe sy die titel in November 2022 gekry het) oud - gelykstaande aan 120 mensejare.

Flossie en haar broers en susters is in 1995 in Liverpool op straat gebore. Meegevoer deur die rowwe omstandighede wat die katjies moes trotseer, het 'n groep werkers besluit om elkeen 'n kat aan te neem, en dit is hoe Flossie by haar eerste eienaar beland het.

Dié is ongelukkig 10 jaar later oorlede, waarna Flossie deur haar oorlede eienaar se suster ingeneem is. Die twee het 14 genotvolle jare saam deurgebring totdat die tweede eienaar ook gesterf het en haar seun hom oor Flossie ontferm het. 

Sy was toe reeds 24 jaar oud - 'n indrukwekkende ouderdom siende dat die gemiddelde lewensduur van 'n huiskat ongeveer 12–14 jaar is, terwyl enkeles tot ongeveer 20 jaar oud kan word.

Mettertyd het Flossie se derde eienaar besef dat die bejaarde kietsie toenemend komplekse behoeftes het wat hy nie kon vervul nie, en het haar aan `n katteskuiling toevertrou.

"Dit was nie 'n maklike besluit nie," het Naomi Rosling van Cats Protection aan Guinness-wêreldrekords gesê. “Hy het ons hulp gesoek toe dit in Flossie se beste belang was. Verantwoordelike kateienaarskap is wanneer iemand ’n dier se behoeftes bo hul eie gevoelens stel.”

Dit was egter tóé dat die organisasie besef het waarmee hulle te doen het. "Ons was verstom toe ons sien dat Flossie se veeartsrekords wys dat sy amper 27 jaar oud is," sê Rosling.

Dit was nie lank voordat Flossie se pad met haar vierde eienaar, Vicki Green, gekruis het nie. Vicki het baie ondervinding in die versorging van ouer katte en sê dat hoewel Flossie swaksiende en doof is, sy in goeie gesondheid verkeer.

"Ek het van die begin af geweet dat Flossie 'n spesiale kat is, maar ek het nie gedink ek sou my huis met 'n wêreldrekordhouer deel nie," sê sy. “Sy is liefdevol en speels en trek nooit haar neus vir ? maaltyd op nie.”

Die oudste kat wat nog geleef het is, Crème Puff, 'n kat van Texas wat die rype ouderdom van 38 jaar en 3 dae bereik het, en van 3 Augustus 1967 tot 6 Augustus 2005 geleef het.

MyModernMet


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.