On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

International

Spanje laat tabakmaatskappye opdok om stompies te verwyder

───   16:50 Tue, 10 Jan 2023

Spanje laat tabakmaatskappye opdok om stompies te verwyder | News Article

Tabakmaatskappye gaan voortaan betaal om sigaretstompies van die strate en strande van Spanje te verwyder, volgens nuwe omgewingsregulasies.

Triljoene stompies wat elke jaar weggegooi word, bevat giftige plastiekafval wat dekades kan neem om af te breek.

Syfers van 2020 toon dat ongeveer 'n vyfde van volwasse Spanjaarde elke dag rook.

Die wetgewing het Vrydag in werking getree, maar dit is nog onduidelik hoe dit geïmplementeer gaan word. Volgens ‘n BBC-artikel sal die koste waarskynlik deur verbruikers gedra word.

Sigaretafval is die "volopste afval" op die strande van die westelike Middellandse See. Bestaande maatreëls om dit die hoof te bied, soos bewusmakingsveldtogte en draagbare strandasbakkies, was onsuksesvol.

Die nuwe reëls maak vervaardigers verantwoordelik vir die opruim van sigaretstompies sowel as die vervoer daarvan vir afvalbehandeling.

Die Mesa del Tabaco-industrievereniging sê hy wag nog vir besonderhede oor hoe die reëls geïmplementeer gaan word, sê plaaslike media.

Die meeste sigaretstompies bevat filters wat van sellulose-asetaatvesel, 'n tipe bioplastiek, gemaak is. Dit kan jare neem, indien nie dekades nie, om af te breek. Mikroplastiekbesoedeling kan ook plantgroei belemmer, volgens wetenskaplikes.

Die nuwe regulasies vorm deel van wetgewing wat verlede jaar goedgekeur is wat eenmalige plastiek soos eetgerei en strooitjies verbied, volgens riglyne wat deur die Europese Unie ingestel is.

Ierland het Donderdag soortgelyke wetgewing ingestel wat vereis dat tabakmaatskappye bydra tot die koste van sigaretrommel.

Byna die helfte van rommel in Ierland is sigaretverwant, volgens die land se nasionale rommelbesoedelingsmoniteringstelsel.

Spanje het die afgelope paar jaar 'n magdom omvattende maatreëls ingestel om rook te bekamp. Verlede Julie is rook op al Barcelona se openbare strande verbied, met oortreders wat €30 beboet word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.