On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Ontmoet Johanna Quaas, 97-jarige gimnas

───   17:50 Thu, 19 Jan 2023

Ontmoet Johanna Quaas, 97-jarige gimnas | News Article
Johanna Quaas, op 97 die wêreld se oudste gimnas, wys hoe staan sy op haar kop. FOTO: Instagram/johannaquaas

Johanna Quaas is 'n 97-jarige Duitse vrou wat deur Guinness-wêreldrekords gesertifiseer is as die wêreld se oudste mededingende gimnas.

Hoewel sy in 2018 ná ‘n besering uitgetree het, verstom sy steeds die wêreld met haar gimnas-roetines wat sy op Instagram met haar byna 40 000 aanhangers deel.

Quaas het die eerste keer die harte van die wêreld verower nadat video's van die gimnas se vloer- en parallelbalk-roetines by ‘n toernooi in 2012 op YouTube gedeel is.

Haar vermoëns betower ook die beste atlete in haar veld: Simone Biles sê Quaas se parallelbalk-roetine laat haar “sprakeloos”.

Quaas is in 1925 gebore en het reeds op ‘n jong ouderdom met gimnastiekoefeninge begin. Sy was 10 jaar oud toe sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem het.

Sy was die grootste deel van haar lewe ‘n gimnastiekafrigter en handbalspeler, maar het op 56-jarige ouderdom na aktiewe gimnastiek teruggekeer.

In 2012 is sy deur Guinness-wêreldrekord as die wêreld se oudste, aktiewe mededingende gimnas gesertifiseer. In 2015 het sy die Nadia Comaneci-sportmanskap-toekenning ontvang voordat sy in 2018 uitgetree het.

Dit keer Quaas egter nie om haar indrukwekkende bewegings op Instagram te deel nie, veral haar vermoë om op haar kop te staan en sokker te speel.

My Modern Met

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.